Press

2010

On TV: "Let's Chat with Mel", the women's talk show on M-Net Series (Chanel 110) and the first home grown show on the chanel) featured Leandra in their show in the week before Valentin's Day. This particular show was about relationships and sexuality and was very interesting with four other guests. You can watch the videos on the M-net website, or below.

The fist one is a chat with Ma Anand Leandra and the second one is the interview with Ian and Kantha. This is a couple who participated in one of the Tantric Fire Couple's Retreats in 2009 and they talk about their experiences and what Tantra has done with them. Some snippets of some of the work too.

Interview with Leandra

Interview with Kantha & Ian

2009

OPERA magazine asked Leandra for a quote on love which they published in their November 2009 issue.
"We need to rise in love instead of falling into it. When we fall in love we tend to loose ourselves. When we rise in love we grow secure within ourselves."
Ma Anand Leandra

2007

This is thearticle about Leandra's work by the journalist Alet van Zyl that BEELD published in their PLUS section on Tuesday 11th September 2007. It was also published in VOLKSBLAT in November 2007

"Terwyl ek met die trappe opstap na die tantra-onderwyser se woonstel weet ek nie watter skok op my wag nie, want ek verwag wel om geskok te word. Miskien seksspeelgoed uitgestal op ’n tafel of eksplisiete plakkate teen die mure?
Niks van hierdie vrese word egter bewaarheid in die skoon vertrek met ’n masseerbed waarop die pienk en oranje lelies en vere eerder herinner aan ’n skoonheidsalon nie.

"Tantra is nie geheel en al oor seks nie,” verduidelik Ma Anand Leandra, ’n tantra-onderwyser van Johannesburg asof sy dit al duisend keer aan skeptici moes verduidelik.
"Dit is ook nie ’n geloof nie, was nog nooit een nie en leen dit ook nie daartoe om een te word nie.”
Leandra beskryf dié oorspronklik Oosterse gebruik eerder as ’n "helingsproses” waardeur sy seerkry met teerheid genees en huwelike van ondergang red.
Die woord tantra beteken om te weef en beskryf die manier waarop jy tantra moet gebruik om jouself vry te maak van kondisionering.

Mense is ’n produk van hul land, familie, opvoeding en professionele lewe, maar wie is jy werklik?
Die grondslag van Leandra se sessies is om mense te leer om hulself onvoorwaardelik te aanvaar. In tantra-kringe staan dit bekend as White love-tantra. ’n Liefde waarin jy nie van ander verwag om soos jy te wees of te dink nie.

Sy ontken nie dat seks ’n rol in tantra speel nie, maar sê dit is ook eerder ’n reis as ’n doelwit.
"Daar is geen ander doelwit as om elke intense, liefderyke oomblik met jou geliefde ten volle te ervaar nie, selfs binne ’n verhouding waar een of albei van die partye seksuele- of sielkundige probleme moet oorkom.”
Elkeen van Leandra se sessies, wat ongeveer drie ure duur, begin met ’n geselsie oor ’n koppie tee.
"Soms is dit al wat ons doen: gesels. Dit hang af wat die student se behoeftes is.”
Hiervoor span sy haar psigoterapeutiese opleiding in. Volgens haar behoort elke tantra-onderwyser dié opleiding te hê, aangesien hul kliënte hul "emosies, probleme, gesondheid en seksualiteit” sonder voorbehoud in die onderwyser se hande laat.

"Wanneer iemand ’n afspraak by my maak, vra ek hulle om voor die tyd die redes vir hul besoek per e-pos aan my te stuur. So het ek reeds die agtergrond voordat ons begin gesels.”

Die volgende stap is ’n omvattende tantra-masseersessie wat tussen 2 ½ tot 3 ure duur.
"Ons begin deur asemhalingstegnieke in te oefen wat dwarsdeur die massering voortgesit word,” sê sy en demonstreer ’n diep asemteug deur getuite lippe na binne waarna die lug deur ontspanne lippe uitgeblaas word, terwyl sy verduidelik dat dit positiewe seksuele energie uit jou hart na buite moet stuur.

"Seksuele energie word vir baie meer as net seks aangewend, soos jou lus vir die lewe, passie en kreatiwiteit.”

In ’n sessie met ’n paartjie word hulle geleer om die energie te ervaar deur bloot tien minute in stilte in mekaar se oë te kyk.
Vir die fisiese massering word vere, pels, sy, warm olie en streling ingespan.
"Ek masseer eerder die liggaams-energie as liggaamsweefsel,” verduidelik Leandra. Paartjies word gewys hoe om mekaar op die tantra-manier te masseer.

Tantra gaan daaroor om die "ek” te laat gaan. "Dit gaan oor stilword, om van jou gedagtes ontslae te raak, want jou denke is jou ego en daarsonder is jy leeg. In die leegheid is waar jy jou Skepper sal ontmoet. Daar waar jy jouself verloor,” verduidelik sy.

Vir meer inligting oor tantra of om ’n sessie te bespreek gaan na www.tantra-south-africa.co.za of stuur ’n e-pos aan Leandra by leandra@tantra-massage.co.za. Slaapkamer-feite: 15% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 20 en 30 jaar besit stoute speelgoed vir die slaapkamer.
20% sê hoewel hulle nie seksspeelgoed besit nie, interesseer die onderwerp hulle.
60% van vroue dra graag verleidelike onderklere.
30% reken dis nog sexier daarsonder.
80% van die vroue sal graag wil leer paaldans.

Bron: Meningsopname onder 500 Suid-Afrikaners tussen die 20 en 30 jaar.